Steenkamp: Beskerm Namibiese kind teen internet-gevare
Die ministerie van onderwys sê die regte van die kind moet in die digitale era beskerm word. Namibië vier vandag die Dag van die Afrika-kind op Rosh Pinah in die Karas-streek. Vanjaar se tema is die regte van die kind in die digitale omgewing. Vir kinders hou die internet ook baie voordele in, veral in onderwys, maar dit stel egter kinders bloot aan baie risiko’s. Opvoeders en ouers het die verantwoordelikheid om kinders te beskerm teen die gevare van die internet, sê die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp.