Kenner gesels oor vredesending van Afrika-staatshoofde

Reaksie word ontvang op die hoëvlak afvaardiging van ses Afrika-presidente, wat die buurland se President Cyril Ramaphosa insluit, wat vandag in Oekraïne met met President Volodymyr Zelensky sal vergader as deel van ‘n vredesending. Ná die vergadering in Kiëf sal die groep na St. Petersburg reis waar hulle Saterdag met die Russiese leier, Vladimir Putin sal vergader. Ramaphosa, word deur die presidente van Egipte, Uganda en Senegal, en die leiers van Kongo-Brazzaville en Zambië, vergesel. Rusland het baie ondersteuning in Afrika wat moontlik ‘n verskil aan Putin se aanslag kan maak en Zelensky het meer Afrika-ondersteuning nodig. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies oor die besoek, en moontlike sukses, gesels.