Renosterkoei op lodge gestroop, horings verwyder
Privaat plase en lodges in Namibië word toenemend deur renosterstropery-sindikate geteiken. ‘n Witrenosterkoei is glo op ‘n lodge naby die Etosha Nasionale Park gestroop. Die koei se kalfie is ook dood langs haar gevind, maar het vermoedelik weens honger gevrek. Die horings van die koei is deur die stropers verwyder. Jaco Muller van die Rhino Momma Project het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy vlieg tans oor die gebied met sy girokopter.