Ongewenste swangerskappe deur Luvindao-inisiatief aangespreek
One Step At A Time is ‘n inisiatief om ongewenste swangerskappe in informele nedersettings te voorkom. Die inisiatief wat die breinkind van dr. Esperance Luvindao, is het voorbehoedmiddels aan 80 vroue van die Havana informele nedersetting geskenk. Sy glo daarin om mediese gesondheidsorg na diegene met beperkte toegang te bring, daarom fokus die projek hoofsaaklik op informele nedersettings. Dr. Luvindao verduidelik dat hierdie voorbehoedmiddels vir vyf jaar hou.