LPM sê kragkrisis lê vir Namibië voor
Die Landless Peoples’ Movement het vandag ‘n mediakonferensie in die hoofstad gehou om die elektrisiteitskrisis en die geldigheid van NamPower aan te spreek. LPM sê Namibië bevind hom in ‘n bedenklike situasie wat elektrisiteitsvoorsiening betref. LPM-leier, Bernadus Swartbooi, sê Namibië is ‘n land wat afhanklik is van sy energievoorsiening van eksterne verskaffers. Hy sê die meeste elektrisiteit word van Eskom ingevoer. Swartbooi sê NamPower moenie Namibiërs flous deur voor te gee hulle voorsien Namibië van elektrisiteit nie.
Swartbooi het verder bevraagteken of Namibiërs weet dat ‘n donker tyd vir ons voorlê…