Klimt se laaste portretstude sal N$1,47 miljard behaal

Die laaste portretstudie wat deur die Oostenryker, Gustav Klimt, voltooi is, sal na verwagting sowat 1,47 miljard Namibiese dollar behaal wanneer dit later vandeesmaand in Londen opgeveil word. Dit is na wat berig word die hoogste geskatte prys wat tot nóg toe vir enige kunswerk op ‘n Europese veiling gegee is. Die afslaer, Sotheby’s, sê die skildery getiteld Vrou met ‘n Waaier is ‘n meesterstuk. Klimt is een van slegs ‘n handjievol kunstenaars wie se werke vir miljarde verkoop is.