Eskom-korrupsiesake word ondersoek
Die buurland se Ondersoek-direktoraat vir Voorkeurmisdaad het bevestig korrupsiesake waarby Eskom betrokke is, word tans ondersoek. Die nasionale hoof, Godfrey Lebeya, het op ‘n nuuskonferensie gesê die verslag deur die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, oor beweerde korrupsie by die nutsmaatskappy is dié maand ontvang. Hy het bevestig verskeie sake dien reeds voor die hof.