Nampol maan weer teen swendelaars

Die Namibiese polisie waarsku weer eens Namibiërs om nie vir swendelaars te val nie. Dit volg ná ‘n 60-jarige vrou blykbaar uit 345 145 Namibiese dollar by Ondangwa bedrieg is tydens ‘n onwettige diamant-transaksie. Sy het die verdagtes vergesel na die Oluno-opemark om die transaksie te bewerkstellig, maar mense wat hul as polisielede voorgedoen het, het haar glo in ‘n motor gelaai om aangekla te word. Op pad het die sogenaamde beamptes haar oortuig om ‘n omkoop-betaling van 55 000 en ‘n verdere 5 000 dollar te maak sodat die klagte kan verdwyn. Elifas Kuwinga, hoof-inspekteur van NamPol, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…