Biparjoy: 100 000 in Gujarat ontruim

Meer as 100 000 mense is uit die pad ontruim van ‘n hewige sikloon wat op Indië en Pakistan afpyl. Sikloon Biparjoy sal na verwagting teen vanaand Indië se Gujarat-staat bereik, terwyl die storm in Pakistan die kus van die Sindh-provinsie gaan tref. Indië se meteoroloë waarsku oor die moontlikheid van wydverspreide skade, insluitend die vernietiging van oeste, skade aan krag- en kommunikasiemaste, en die ontwrigting van die spoorweë en paaie.