DA eis ondersoek na toename in plaasmoorde

Die DA sê President Cyril Ramaphosa se kantoor het ontvangs erken van die party se brief waarin hy gevra word om ‘n kommissie van ondersoek in te stel oor die toenemende voorkoms van plaasmoorde en -aanvalle regoor die land. Werner Horn van die DA sê die voorgestelde kommissie sal ‘n deeglike ondersoek moontlik maak na die onderliggende oorsake van die misdade, en sal aanbevelings maak vir omvattende maatreëls om die land se plaasgemeenskappe te beveilig.