Dis Oval môre, en daar’s groot opwinding
Daar heers groot opwinding vir die Shell V-Power International Oval Challenge wat môre by die Tony Rust-renbaan gehou word. Vivo Energy Namibia borg met sy Shell V-Power-handelsmerk die 2023 International Oval Challenge wat deur Redline-motorklub aangebied word. Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaankampioenskap uitspook, sal 26 ovaalbaanmonsters uit Suid-Afrika ook in aksie wees. Ernest Thatcher van die Redline-motorklub het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels…