Zuma wil appelleer oor Maughan/Downer uitspraak

Oudpresident Jacob Zuma gaan ‘n dringende aansoek indien om te appelleer teen die uitspraak wat sy private vervolging van die joernalis Karyn Maughan en staatsaanklaer Billy Downer met koste tersyde gestel het. Zuma het beweer dat Downer sy vertroulike mediese rekords aan Maughan uitgelek het en daarmee die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree het. Die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg het bevind dat Zuma se aansoek die proses misbruik het. Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het die uitspraak as bisar beskryf: