Entstowwe teen Afrika-varkpes nader goedkeuring

Internasionale veeartseny-beamptes het aangekondig entstowwe om die dodelike dieresiekte, Afrika-varkpes, te bekamp is nader aan goedkeuring. Volgens die Wêreldgesondheids-organisasie het uitgebreide toetse wat in Viëtnam uitgevoer is, belowende uitslae getoon met die bekamping van die verwoestende siekte wat wêreldwyd varkplase teister. Die twee entstowwe het reeds goedkeuring vir ‘n loodsprogram vir kommersiële gebruik ontvang, en die volgende belangrike stap is ‘n landwye magtiging.