Okahandja inwoners ruk op teen uitvoerende hoof, Redforce
Die inwoners van Okahandja het weer vandag opgeruk. ‘n Groot groep inwoners het by die munisipaliteit byeengekom en verskeie plakkate eis die bedanking van die hoof uitvoerende beampte terwyl ander weer vra dat Redforce, wat skuld invorder, afgedank moet word. Die inwoners wil hê die lynminister, Erastus Uutoni moet die dorp besoek en hul klagtes aanhoor. Hulle het aan hom ‘n brief geskryf en woedend gereageer dat hy nie opgedaag het nie. Die voorsitter van die bealstingbetalers-groep, Orpa, en plaaslike raadslid Charl Coetzee sê dit was ‘n misverstand.