Hardap ervaar uitdagings met veediefstal
Die brandpunte van veediefstal is steeds die Otjozondjupa-streek met 465 gevalle, gevolg deur Hardap met 323 gevalle, Omusati met 241 gevalle en Oshikoto met 222 gevalle. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het tydens ‘n vergadering vandag met landbou-unies bevestig tussen Junie verlede jaar en April vanjaar is 2 681 veediefstalsake landwyd aangemeld, waartydens 12 807 groot- en kleinvee ter waarde van meer as 54,2 miljoen Namibiese dollar gesteel is. ‘n Totaal van 4 285 vee ter waarde van 26,92 miljoen dollar is teruggevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi, die boerevereniging-verteenwoordiger by Maltahöhe gesels wat sê die uitdagings van veediefstal is groot in die Hardapstreek.