Boere is nie verantwoordelik vir klimaatsverandering nie

Boere regoor Europa en elders in die sogenaamde ontwikkelde wêreld, word al hoe meer geteiken en blameer vir klimaatsverandering. In die jongste geval is lerse boere woedend vir hul regering se plan om sowat 200 000 koeie uit te wis ter wille van stappe teen klimaatsverandering. Die lerse regering wil die nasionale melkbeeskudde oor drie jaar met 10 persent verminder deur elke jaar 65 000 koeie uit te slag. Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Selfs Elon Musk het ingetree en gesê die stap is belaglik. Boere is nie die oorsaak van klimaatsverandering nie.