Herwinning onder die loep met Wêreld-omgewingsdag
Die Verenigde Nasies vier Wêreld-omgewingsdag jaarliks op 5 Junie. Die tema vir vanjaar is oplossings vir plastiek-besoedeling. Stad Windhoek nooi inwoners uit na ‘n uitstalling by hul hoofkantoor op 9 Junie om tien-uur die oggend ter viering van Wêreld-omgewingsdag, waartydens op bewusmaking oor herwinning en afvalbestuur gefokus sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van Recycle Namibia Forum gesels wat die belangrikheid van die herwinning van plastiek deel.