Steun aan Ugandese LGBTQ-groepe verwelkom
Die GOOD Party sê hy verwelkom adjunkpresident Paul Mashatile se onderneming om met Uganda in gesprek te tree oor sy omstrede wetsontwerp teen homoseksualiteit. Die wetsontwerp verbied verhoudings van dieselfde geslag en maak dit strafbaar met tronkstraf. Mashatile het vrae in die parlement beantwoord en gesê die regering moet lande wat nie LGBTQ-mense se menseregte erken nie, anders probeer oortuig. Die GOOD Party se woordvoerder, Brett Herron, sê dis ‘n klein treetjie, maar toon minstens ‘n gewilligheid om nie net toe te kyk nie.