Tshwane aanvaar nuwe begroting

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad se veelparty-koalisieregering kon uiteindelik tydens gister se raadsvergadering die aansuiweringsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar goedgekeur kry. Die begroting is belangrik vir die finansiële bestendigheid van die stad en om dienslewering op koers te kry. Die begroting is met die oorweldigende steun van 165 raadslede goedgekeur. Volgens Brink bied die aansuiweringsbegrotingsproses ʼn munisipaliteit die geleentheid om sleutel-wysigings aan die oorspronklike goedgekeurde begroting aan te bring: