NamRA en ontginningsindustrie vergader oor nakoming
Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA hou op die oomblik die Afrika Belastingadministrasie-forum werkswinkel op Swakopmund. Die werkswinkel, wat vir twee dae duur, bied inligting aan oor die beste praktyke vir belasting-administrasie en nakoming van die heersende wetgewing. Die agentskap se kommissaris Sam Shivute sê die fokus is op die ontginningsindustrie wat ‘n baie groot rol speel in die ekonomie. Hy verduidelik.