Maselspoort-saak tot Mei uitgestel

Die landdroshof in Bloemfontein het die Maselspoort-saak tot 10 Mei uitgestel. Jakobus Klaasen, Johan Nel en Stephanus van der Westhuizen word daarvan aangekla dat hulle twee tienerseuns op Kersdag in ʼn beweerde rasvoorval, oor die gebruik van die swembad by die gewilde Vrystaatse oord, aangerand het. Al drie word van aanranding en crimen injuria aangekla terwyl Klaasen ook van poging tot moord aangekla word omdat hy na bewering een van die tieners wou verdrink.