Enrico Junius herstel steeds van brandwonde in September opgedoen

Die gewilde Rehoboth-burgemeester Enrico Junius sterk steeds aan na ernstige beserings wat hy verlede jaar in September in ‘n veldbrand naby Rehoboth opgedoen het. Junius is per lug-ambulaans Kaap toe afgevoer. Sy vriend Quintin Diergaardt het beswyk aan sy beserings wat hy ook in die brand opgedoen het. Junius sê hy is steeds in die hospitaal maar dat hy goeie vordering maak.