BoN, Namfisa stel finansiële stabiliteitsverslag bekend
Die Bank van Namibië en die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag bekend gestel. Die 2023-verslag beoordeel die stabiliteit van die land se finansiële stelsel en sy weerstand teen interne en eksterne skokke. Die verslag beklemtoon verder spesifieke risiko’s wat voortspruit uit, onder andere, die makro-ekonomiese omgewing, huishoudelike en korporatiewe skuld, die banksektor, en meer. Romeo Nel, tegniese adviseur van die goewerneur by die Bank van Namibië sê ‘n volhoubare ekonomie eis dat almal ‘n rol speel.