ANC het meer vrae na De Ruyter se uitlatings

Die ANC sê die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, was daarop uit om die party se beeld voor aanstaande jaar se verkiesing te skaad. Hy het gister voor die parlementere staande komitee oor Openbare Rekeninge verskyn nadat hy tevore aangedui het senior regeringsamptenare word by korrupte sindikate by Eskom betrek. Die nasionale woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê De Ruyter het sy uitlatings gebaseer op bewerings in ʼn gediskrediteerde verslag. Volgens Bhengu-Motsiri was agente uit die apartheidsjare by die samestelling betrokke.