ActionSA verwelkom arrestasie van twee in ontvoering van seuns
ActionSA in Gauteng verwelkom die arrestasies van ‘n 50 jarige vrou en haar 39-jarige medewerker vir die moord op twee seuntjies in Soweto. Die party het ʼn beloning van 50 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir enigiemand met inligting wat tot inhegtenisneming kan lei. ʼn Woordvoerder van ActionSA, David Tembe, sê die arrestasie van die vermeende moordenaars van Nqobizitha Zulu en Tshiamo Rabanye sal hopelik bydra tot afsluiting en geregtigheid vir hulle families: