Weeluise neem Victoria Falls oor
Woongebiede in Zimbabwe se grootste toeristestad, Victoria Falls, loop deur onder weeluise. Die stadsraad waarsku inwoners om enige besmetting onverwyld onder gesondheidsbeamptes se aandag te bring en hulle ontsmet reeds besmette gebiede. Amptenare sê hoewel weeluisbyte oor die algemeen nie gevaarlik is nie, kan langdurige blootstelling aan besmetting gesondheidsprobleme veroorsaak. Volgens die land se Departement van die Omgewing besoek meer as 352 000 toeriste die Victoria-waterval in die eerste helfte van die jaar.