Om malaria te oorwin moet Namibië en Angola saamwerk
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie herdenk vandag Wêreld-malariadag 2023. Die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti sê malaria is ‘n hardnekkige vyand van openbare gesondheid. In 2021 het 619 000 mense weens malaria gesterf, van wie ongeveer 96 persent in Afrika gewoon het. ‘n Nuwe entstof wat nog nie deur die WGO goedgekeur is nie, word reeds in talle Afrika-lande op die proef gestel. Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku, sê malaria kan oorwin word, maar Namibië moet saam met Angola werk om daarin te slaag.