NLU staan NamPower se verhoging van amper 17%, teen
Die Namibiese Landbou-unie sê hy staan NamPower se aansoek vir ‘n 18,67 persent verhoging in tariewe teen met die argument dat dit meer as dubbel die huidige inflasiekoers is. Die NLU sê die heersende ekonomiese uitdagings gepaard met die hoë werkloosheidsyfer in die land, sowel as die uitdagings wat landbou in die gesig staar, sal so ‘n verhoging katastrofies wees. Die unie is van mening dat die Elektristeitsbeheerraad, wat teen 30 April alle insette moet aanhoor, ‘n verantwoordelike besluit sal maak. Die nuwe NamPower tarief sal op 1 Julie in werking tree.