Milton Louw onskuldig oor 5 verkiesingsrekenaars se ‘diefstal’

Die voormalige tegniese direkteur by die Verkiesingskommissie, Milton Louw is onskuldig bevind op klagte dat hy vyf skootrekenaars by die kommissie gesteel het. Landdros Vanessa Stanley het bevind die staat het nie genoeg bewyse gelewer nie. Die saak het groot opslae gemaak in Desember 2019 na Louw gearresteer is. Dit was kort na die presidensiële en parlementêre verkiesings en verskeie partye, veral die IPC het toe gevra of die verkiesings reg hanteer is as vyf rekenaars eenvoudig uit die kantore van die kommissie kan verdwyn. Louw se verweer was dat hy die vyf rekenaars verwyder het in ‘n poging om wydverspreide verkiesingsbedrog te openbaar. Die rekenaars is gevind by ‘n tweede-handse winkel in die hoofstad.