Duime word vasgehou vir nuwe skietstilstand in Sudan

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Sudan se gewapende magte en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, het ooreengekom om ‘n landwye skietstilstand in te stel. Die skietstilstand van drie dae wat om middernag begin het, is om humanitêre roetes oop te maak. Minstens 400 mense is dood sedert gevegte twee weke gelede uitgebreek het. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het intussen gevra dat die geweld gestaak word: