Nasionale Vraagbestuurs-indaba takel kragkrisis
Die Nasionale Vraagbestuurs-indaba is tans aan die gang in Muldersdrift, Gauteng. Dit bring Eskom en ander energie-belanghebbendes bymekaar en word aangebied deur die Presidensiële Nasionale Energiekrisiskomitee. Dit het ten doel om praktiese en blywende oplossings te vind om beurtkrag te beëindig. Die uitvoerende hoof van die Energieraad van Suid-Afrika, James MacKay, sê die konferensie steun die Energie-aksieplan, wat daarop gemik is om aandag te skenk aan die onmiddellike tekort aan elektrisiteitsvoorsiening en om vraag en algehele verbruik te verminder in ‘n poging om energievoorsiening te verbeter.