EU pas druk toe op skikking in Soedan

Die Europese Unie se diplomatieke hoof, Josep Borrell sê die EU sal voortgaan om druk toe te pas vir ‘n politieke skikking in Soedan. Borrell sê niemand kan die ineenstorting van Soedan bekostig nie, omdat dit vir die res van Afrika gevolge sal inhou. Borrell het bygevoeg dat die EU se ambassadeur in Soedan, steeds in die land is, maar nie meer in die stad, Khartoem nie. Hy het ook bevestig dat meer as duisend mense van lande in die EU tot dusver uit Soedan verwyder is.