Capricorn Eagles se wedstryd afgelas weens reën

Krieket: Die eerste wedstryd tussen die Capricorn Eagles-vroue en Hongkong wat vanmiddag sou plaasvind, is afgelas weens die reënweer. Dit is pas deur die skakelbeampte van Krieket Namibië Natalia Naujoma bevestig. Die vierhoekige T20 Internasionale vroue-toernooi word tot 2 Mei by die United-krieketvelde in Windhoek aangebied. Die toernooi sluit in die spanne van Namibië, Hongkong, die Verenigde Arabiese Emirate en Uganda.