Bos-kameras wys meer wild word in strikke in Noordooste gevang

Landwyd is wildstropery ‘n groot uitdaging in Namibië met ‘n toename in wilde diere wat in draadstrikke gevang word. Volgens ‘n karnivoor-navorsingsprojek in die Zambezi-streek is tot vyf jaar gelede selde diere in strikke gesien. Nou word ten minste een karnivoor op bos-kameras oor ses gebiede in die noordooste van Namibië vasgevang. Volgens die projek is dit moeilik om te weet waar die strikke vandaan kom, maar waarskynlik van inwoners van die Zambezi-streek en die buurlande Angola, Botswana, Zimbabwe en Zambië. Heelwat wilde diere met strikke is op die grens tussen die Bwabwata Nasionale Park en Angola op die bos-kameras vasgevang.