Tennis: Alcaraz, Tsitsipas deur na eindstryd van Barcelona Ope

Tennis: Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz het vinnig met 6-2, 6-2 klaargespeel met Dan Evans om deur te dring na die eindstryd van die Barcelona Ope. Hy kom te staan teen Stefanos Tsitsipas. Die tweede gekeurde Griekse speler het vroeër Lorenzo Musetti met 6-4, 5-7, en 6-3 geklop en vir die derde keer deurgedring na die eindstryd. Alcaraz het verlede week die Monte Carlo-meesterstoernooi misgeloop weens hand- en rugbeserings, en was vroeër in Barcelona nie so bestendig soos hy kan wees nie.