Afrika Ontwikkelingsbank kry steun vir klimaatprojekte op vasteland

Die Afrika Ontwikkelingsbank en ILX Management het ‘n ooreenkoms in Nederland onderteken om beleggings op te skerp in die bankgroep se streekslidlande. Die bank sê die vennootskap sal ook institusionele beleggerskapitaal-mobilisering aanmoedig vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en klimaat-gefokusde privaat-sektorprojekte in Afrika. Die prioriteite sluit in om Afrika van krag te voorsien, voedsel te verskaf, te integreer en die lewensgehalte te verbeter van die mense van Afrika.  ILX se beleggers is die Hollandse pensioenfonds-batebestuurders, APG Asset Management.