VSA wil goeie verhouding met China hê
Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sê die VSA wil konstruktiewe en billike ekonomiese bande met China handhaaf. Yellen sê die VSA sal egter sy nasionale veiligheidsbelange beskerm en weerstand bied teen Chinese pogings om buitelandse mededingers te probeer domineer. Yellen sê sy hoop om tog wel nog met haar eweknie in China, Liu Kun, ‘n vergadering te kan hou, nadat spanning tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë die afgelope tyd verhinder het dat hoëvlak vergaderings plaasvind. Yellen sê die Biden-administrasie glo dat gesonde ekonomiese mededinging met billike reëls tot albei land se voordeel sal wees.