Unicef verskaf toilette aan 1 052 huishoudings

Unicef in Namibië sê hy het twee kiesafdelings in die hoofstad bygestaan om uiteindelik vry verklaar te word van sogenaamde ontlasting in die ope as gevolg van ‘n tekort aan voldoende sanitasie infrastruktuur. Unicef sê 1 686 huishouding is in die Samora Machel en Moses Garoëb kiesafdelings geteiken met 1 052 wat toilette ontvang het. Dit raak net meer as 5 600 inwoners. Volgens Unicef, het 43 persent van Namibiërs nie toegang tot toilette nie met 23 persent wat in stedelike gebiede woon en 21 persent wat in Khomas is.