Tshwane sny dienste af, miljoene word geskuld

Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad sal voortgaan met sy veldtog om geld in te samel deur die dienste van agterstallige kliënte regoor die stad te beëindig. Die multidisiplinêre span wat toesien dat inwoners munisipale regulasies nakom het dié dienste in die Pretoriase middestad afgeskakel. Volgens Brink het dit ingesluit kliënte in ‘n wolkekrabber waar die eienaar van die gebou die stad meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld. Die krag na twee residensiële eiendomme is ook afgesny waar die eienaars die stad meer as 5 miljoen skuld: