Sevilla skop Man-U uit Europa-liga
Manchester United is uit die Europa-liga ná die span se nederlaag teen Sevilla in die tweede been van die kwarteindronde in Spanje. Die sesmalige kampioene het drie onbeantwoorde doele behaal – twee daarvan regstreeks weens foute wat United gemaak het – en met ‘n totaal van vyf-twee geseëvier. Sevilla kom in die halfeindronde teen Juventus te staan wat Sporting Lisbon twee-een verslaan het in hulle kwarteind-kragmeting. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span se vertoning is onaanvaarbaar: