MMR-inentings in Namibië vertoon baie sleg
Die inentingskoers van kinders wek internasionaal, en plaaslik, groot kommer. Volgens die VN se kinderfonds Unicef is daar veral kommer oor die tweede MMR-inspuiting in Namibië met ‘n dekking van 63 persent wat in 2021 aangeteken is. Daar was onlangs uitbrekings van masels en pampoentjies in die land en die MMR-inenting kan die twee siektes verhoed. In 2019 het ‘n skamele 56 persent van die teikenbevolking die inspuiting ontvang met 63 persent onderskeidelik in 2020 en 2021. Die fonds sê sedert Covid, is vertroue in inentings op ‘n laagtepunt maar, die tendens neem in die afgelope 30 jaar toe. Meer as 67 miljoen kinders in 112 lande het hul inentings misgeloop.