Meatco sal dubbelskof slag om boere by te staan
Meatco is gereed om veeprodusente vir die volgende paar maande met noodbemarking by te staan. Hierdie aankondiging kom in die lig van die huidige droogte en drukbemarking van beeste wat reeds begin het. Volgens die Namibiese Landbou-unie sal ‘n tweede slagspan vanaf Mei by die abattoir begin werk en Saterdae word ook vir verslagting opsy gesit om seker te maak dat soveel as moontlik beeste geakkommodeer kan word met ‘n kapasiteit van 480 diere per dag. April en Mei is reeds vol bespreek en besprekings vir Junie en Julie raak ook vinnig vol. Die unie maan ook produsente om te verseker dat alle regulasies rakende die EU nagekom word en dat alle papierwerk korrek ingevul is.