Hoë rentekoers wek kommer by Agribank
Plaaslike berigte lui dat Agribank kommer het oor hoë rentekoerse soos droogte toestande nader kruip. Die bank sê dit raak al hoe moeiliker om goedkoper kapitaal te bekom om bekostigbare lenings aan landbou te verskaf. Die bank sê die swak reënseisoen het hom in ‘n moeilike posisie geplaas in verband met sy leningsboek en dus is dit uiters belangrik dat hy innoverende pakkette en produkte daarstel om volhoubaar sake te bedryf. Die plaaslike rentekoers sal vanoggend om 11-uur aangekondig word.