Man, 85, wat swart tiener deur sy voordeur skiet, formeel aangekla

‘n Vyf-en-tagtigjarige wit man wat verlede Donderdag ‘n swart tiener by sy huis se voordeur in Kansas City, Missouri, geskiet het, is formeel aangekla. Andrew Lester het die 16-jarige Ralph Yarl in sy kop en arm geskiet nadat hy die verkeerde deurklokkie gelui het om sy jonger broers op te laai. Die Clay-distriksaanklaer, Zachary Thompson, sê Lester word aangekla van eerste-graadse aanranding en gewapende misdadige optrede: