Booys bly agter tralies, DNS verbind hom aan verkragting
Die omstrede oud-raadslid van die Otjozondjupa-streek, Steve ‘Biko’ Booys bly agter tralies. Hy het die week ‘n borgaansoek in die Windhoek-streekshof gebring wat van die hand gewys is. Hy is, sedert sy inhegtenisname op 2 Februarie 2021 op aanklagte van verkragting en/of bloedskande, in aanhouding nadat borg ook vroeër geweier is. Landdros Victor Nyazo sê daar is DNS wat hom aan die verkragting verbind so sy verweer dat daar ‘n sameswering teen hom is, is bog, en die staat het ‘n sterk saak. Booys was ook in SMS-verbinding met die slagoffer en het die verkragting bespreek. Die staat sê hy het die slagoffer twee keer in Januarie verkrag na hy haar vol drank gevoer het.