Werkswinkel oor voedselsekerheid aangebied
Die Capricorn-stigting, in samewerking met die Wêreld-voedselprogram in Namibië, sal Vrydag ‘n een dag voedselsekerheid-werkswinkel aanbied met die tema “Transformative Food Systems for Sustainable Development”. Die werkswinkel handel oor die gedeelde waardes van die stigting en die voedselprogram, naamlik die bevordering van voedsel- en voedingsekerheid, lewensbestaan en die versnelling van sosio-ekonomiese groei in Namibië. Die stigting se koördineerder Veripura Muukua, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die werkswinkel sal regstreeks op hul Facebook- en YouTube-kanale uitgesaai word.