Boerdery in die Noorde kry aandag

Die Oshana-streeksraad onder die direktoraat van onderwys sal op 1 April ‘n geleentheid vir boere by die Oshakati-streeksbiblioteek aanbied. Die vergadering het ten doel om boere van oraloor die streek bymekaar te bring om idees uit te ruil oor hoe om geld uit hul boerderyprodukte te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunale boer Ileni Nandjato gesels, wat een van die sprekers is wat sy boerdery-wenke op die dag gaan deel.