Namcor-raadsvoorsitter op borg van N$7 000 vrygelaat

Die voorsitter van die Namcor-raad, Jennifer Comalie, het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof verskyn nadat sy Maandagmiddag in hegtenis geneem is weens dwelms ter waarde van 57 000 Namibiese dollar wat na bewering in haar motor gevind is. Sy is op borgtog van 7 000 Namibiese dollar vrygelaat nadat die staat nie borgtog teengestaan het nie. Die saak is tot 31 Julie uitgestel. Intussen het die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat Nampol die brief van die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, ontvang het waarin versoek word dat Comalie beskerm moet word. Shikwambi het gesê die brief was in omloop nog voordat dit amptelik die kantoor van die inspekteur-generaal bereik het. Inspekteur-generaal Joseph Shikongo het reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy nog nie die brief gesien het nie. Shikwambi sê die saak sal ondersoek word.