Baldwin se oorwinning ‘beteken die wêreld’
Matthew Baldwin van Engeland het sy eerste DP World Tour-titel opgeraap toe hy die SDC Championship op St. Francis Links in die Oos-Kaap met sewe houe gewen het. Die 37-jarige speler het vier onder 68 in die laaste ronde behaal om ver voor die Spanjaard, Adri Arnaus, te eindig wat tweede is. Jaco Ahlers is die Suid-Afrikaner wat die beste gevaar het. Hy is gesamentlik derde op tien onder baansyfer met 68 in die laaste ronde. Baldwin, wat sy Tour-kaart in 2016 verloor het ná ‘n reeks beserings, sê hierdie oorwinning beteken vir hom die wêreld: