Utoni: Vloedsituasie is ernstig
Die Namibiese arbeidsminister van Utoni Nujoma het vandag in die Nasionale Vergadering gereageer op kommentaar wat die amptelike opposisieleier McHenry Venaani oor die vloedsituasie in die noorde van Namibië gemaak het. Venaani het ‘n beroep op die regering gedoen om die vloedgeteisterde gemeenskappe by te staan. Nujoma stem saam met Venaani dat die vloedsituasie ernstig is, maar sê almal moet saamwerk.